SURVIVOR'S STORIES
MARIE'S STORY

MARIE from PRETORIA:  "Ek was 8 jaar our toe ek seksuele gemolesteer is deur my oom, en deur ander mense verkrag.  Dit het vir baie jare so aangegaan. Hy het aanhoudend vir my vertel hoe lief hy my het. My pa het nooit aan my gese dat hy lief is vir my nie.

"My pa het geweet dat my oom my molesteer, want toe my oom in die karvaan park gebly het na my tannie se dood het hy altyd my pa gevra of ek hom nie kan kom help skoonmaak nie, my pa het altyd my broer saamgestuur, maar dit het my oom nie afgesit nie.  Hy het my broer en nefie na die rivier gestuur om daar te speel. Hy het altyd vir hulle gese dat hy sal hulle roep om to kom eet. "Hy het altyd die karvaan gesluit en my op die bed getel. Terwyl hy besig was het ek deur die venster my pa buite by die karvaan gesien rondsluip. Ek het nooit die moed gehad om my pa te konfronteer nie. My oom het altyd vir my geskenke gegee.  Dit het vir baie jare so aangegaan, ek was omtrent 14 jaar oud toe hy dood was. Ek was baie verlig, maar ek het altyd sy liefde gemis. Dit het nie daar opgehou nie, daar was baie na my oom, almal wou net hê ek moes my klere uit trek en dan moes ek op 'n klip gaan sit en my lyfie daaroor beweeg, dan het hulle groot vreugde daar uit gekry. Of ek moes op 'n asblik sit en dan het hulle alles met my gedoen. Toe begin my broer aan my vat. Dit het die dag gereen toe hy nie sy hande van my kon afhou nie. "My skool loopbaan was nie baie goed nie, ek het begin steel, ek het 3 keer gedruip op skool. Ek het my ma se geld gesteel net om aandag van haar te kry. Ek het my pa begin haat.  Daar was niemand met wie ek kon praat nie. Ek wou nie my ma belas het nie, aangesien sy en my pa nie goed met mekaar oor die weg gekom het nie. Ek moes altyd as tussenganger optree as daar probleme was, en ek het gevoel dat ek nie nog my ma hiermee pla nie.

"Ek het begin om my eie lewe te neem, want ek het so vuil gevoel ek wou net ooral oor op my lyf met 'n lemmetjie sny.  Ek kon nie vrede maak met myself nie, ek het my self so gehaat dat ek het alles probeer om 'n einde te maak. Toe het ek begin werk.  Daar het so baie dinge in my lewe aangegaan. Toe ons een aand op 'n werksparthy was, die mense het so baie gedrink. Een van die vrouens moes my huis toe neem, maar sy kon nie, want sy het te veel gedrink en haar man moes my toe huistoe neem. Maar hy het nie.  Hy het na die naaste veld gery.  Hy het my hande geneem en dit op hom geplaas, ek het begin bang raak en gevra dat hy my huis toe moet neem.  Ek het baie lank in die bad gaan le. My ma het in die badkamer ingekom en vir my gevra hoe was dit, en of ek dronk is.   Ek kon nie vir haar gese het wat gebeur het nie, want as sy my goed geken het dan sou sy geweet het dat ek nie drink nie. Ek het net aan haar gese dat dit lekker was en dat ek moeg is. Ek het aan haar gese dat ek sommer in die bad gaan slaap. Ek het die hele nag net deur gebad. Ek het alle mans gehaat.  Ek kon nie vrede in my self vind nie.  Ek weet dat al hierdie dinge nie my skuld was nie, en dat ek nie daarvoor gesoek het nie, maar ek het altyd met myself gestry en gesê dat as daar 'n God is hoekom het al hierdie dinge gebeur. Hoekom het Hy toegelaat dat al hierdie dinge gebeur.

Toe is my ma oorlede. En ek het gevoel dat daar is so baie dinge wat ek graag aan haar wou sê.  Maar nou is sy nie meer daar nie, en ek kan nie vrede vind met my pa nie. Ek het iemand gaan sien, en daar het sy my terug gevat na die eerste dag van my oom, en daar het ek 'n wonderlike gevoel gekry.  Ek het gevoel hoe die Here my vas hou.  En dat Hy saam met my huil.  Ek het die trane langs sy wange gesien. En daar het ek tot bekering gekom. Ek voel dat ek ander mense kan help en vir hulle sê dat dit nie hulle skuld is nie.  En onthou om nee te sê. Al vertel hulle vir julle dat die liefde is, dit is nie. Jesus het julle lief.   En Hy doen nie sulke goed aan ons nie.  En vertel dadelik vir ander daarvan. Praat en laat die waarheid uitkom. Die mense moet boet vir hulle dade. "Onthou net Jesus het ons almal lief. Hy het aan die kruis geserf vir ons sondes. Moet nie toelaat dat sulke dinge met julle gebeur nie, as iemand iets probeer vertel dadelik vier iemand. En vrouens as iemand jou verkrag of net probeer gaan dadelik 'n dokter en die polisie. Moet dit nie net daar los nie.  Onthou net 'n mens vra nie om verkrag te word nie.

"Dit is nie julle skuld nie. En Jesus is daar vir julle praat me Hom.

"Liefde in Jesus vir julle almal."  

© Speak Out Terms of use